Op 24 April 2025 het Mia van der Merwe, Danelle de Jong, Mandie Conradie, Pari Reddy, Nazira Amod, Iman Joosub, Ayabonga Zulu en Malikah Willies aan die ATKV redenaars se eerste uitdunrondte deelgeneem.

Die kompetisie het deelnemers van verskeie skole in die omgewing gelok, en ons leerders het met selfvertroue en uitsonderlike spreekvaardighede opgetree.

Die deelnemers van ons skool het onderwerpe bespreek wat wissel van sosiale kwessies tot persoonlike ervarings, en hulle het die gehoor beïndruk met hul insig en weldeurdagte argumente.

Ons is trots op elke leerder wat deelgeneem het en hul skool met waardigheid en trots verteenwoordig het. Hierdie ervaring het beslis hul selfvertroue en redenaarsvaardighede verder ontwikkel.

Ons wag in afwagting vir die uitslae om bekend gemaak te word