
Ons wil graag ons trots en bewondering uitspreek aan vier uitmuntende leerders, Mia van der Merwe, Iman Joosub, Nazira Amod en Pari Reddy wat aan die semifinale uitdunrondes van die KZN ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem het.
Hierdie gesogte kompetisie bring van die beste jong redenaars uit die hele provinsie bymekaar, en dit is ‘n uitsonderlike prestasie om so ver te vorder. Elke een van hierdie leerders het met oortuiging, insig en passie hul standpunte verwoord en het hul skool en gemeenskap met waardigheid verteenwoordig.
Ons is ongelooflik trots op hul harde werk, toewyding en die selfvertroue waarmee hulle hulself uitgedruk het.
Mag hierdie ervaring ’n stewige grondslag wees vir toekomstige suksesse.